Jongste aktiwiteit:

Vir botter of vir wors

Ek wil sug
oor die kitschgeit
van paartjies vandag se botox lag
en die feit
dat liefde maar net liplangs loop
want hartlangs loop die jakkalsies oop
bo-blink het ek gedink
soos die Rolex
in die chinese winkel
se vals rinktinkel
en onder stink
as jy besef
dis ‘n oogknoper
vir die vensterkoper
maar van geen rerige waarde
net nog ‘n vermaarde
facebook vertoonvenster
vol egte plastiek diamante
wat onder die lagie glansvernis
erg weerloos is

©️Elize Kruger
28 April 2022




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed