
‘n Leeftyd om te ken
Ek het vrede gemaak,
met wie ek is.
Geen apologie
vir my andersheid,
of afsydigheid.
Ek lief
die nag,
wat my knus omvou;
die wulpse ronding
van die maan
se kom en gaan.
Daar is heilige onsag
vir die nuwe dag!
Gee vir my
net geel rose,
die Afrika son,
die geure
van die bos,
branders wat breek
op Pat’rnoster,
gebarste klip
in oranje grond.
Ek hou van koffie
– nie van tee,
van alleen wees
en saam wees,
van filosofeer…
Ek hou van pêrels
en van skaak,
warm kaggelvure
op ‘n koue wintersaand,
die klank van kitaar;
Chopin op klavier,
Kabaret en Cabornet,
warm someraande
en atmosfeer
in straatkafees.
1969 MG’s en mirages.
Ek wil met woorde speel,
met kleure verf,
Geskied’nis lees…
en onvoorspelbaar wees.
Ek het myself aanvaar!
…Imperfek –
en tog – volmaak!
My lag is my eie,
my siel is in my oë,
my liefde gereserveer
vir een wat begeer
om deur my
te kyk,
soos jy.
Amper was ‘n leeftyd
verby.
Dankbaar dat ek
myself nou
kon kry.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Woordsmous
Nog 'n puik stukkie werk!