Soos bloed 3. Sprokie vir ‘n babakind
Sneeuwitjie is in ‘n glaskas
styf vas teen my bed.
Oom Dokter sê sy is gesond,
die sonarboontjie sonder smet!
Maar – anders as die storie –
is sy sag en donsigrond
en oral rosig rooi.
Haar haartjies wit soos sneeu,
lyk niks na ebbehout
en ogies sluit nog die geheim
van blou en vrolik stout.
Dwergies het haar gou kom deel,
‘n rukkie slegs vir my geleen
en ewig in my hart gesit
net voor ‘n prins haar hartjie steel.
Solank sy self geluk en vreugde vind
soos by Koos se neonboog se punt
en, met haar oë soos blou saffiere,
brokkies son kry, só bid ek vir my kind!
©Charleine Collins 29 November 2018
http://www.allthelyrics.com/lyrics/karla_du_plessis/sprokie_vir_n_stadskind-lyrics-1247296.html#ixzz3WfBOOM24
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.