Jongste aktiwiteit:

Sommer só ~ liefde

Wat sal ‘n mens van die liefde sê –
so ongevraag
kom dit somtyds oor jou pad.

sonder dat jy daarna soek.

En weet jy wat?
Ek het jou lief gekry,
half onwillig
en so effens teen my sin.
Daar was net iets aan jou
íéts aan jou manier van wéés
wat dit maklik gemaak het
om jou te bemin.

En nou
in die vroeë môre-uur
waarin almal rustig slaap
kom lê jy knus
hier teen my bors
wyl my hart so oorloop
van die diep en groot velange.

En lek jy die riviertjies op
wat so kronkel-kronkel
oor die ronding
van my wange . . .

C. Shaw
27 Julie 2016




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

7 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed