Jongste aktiwiteit:

Sysoen

In die skemer van my somer
bloei ‘n najaarsblom soet,
ek ein haar gees as dromer
in die herfs van ons gemoed.

Haar saad skiet loot in lente
en die bloeisel bot soet,
sy dra haar kroon in segmente
as helder vere in haar hoed.

Ons beide ken die winter kou’
wanneer wortels diep groei,
om later kleur ryk oop te vou
sonder seisoene se bemoei

Bloei ‘n najaarsblom soet,
ek maak parfuum uit bloed




3 Kommentare

  • Anze

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die najaarsblom projek

  • Ronel Janse van Vuuren

    Goed gepen.

  • Inkmoderator

    Mariska, dit is 'n besonders teer vers met 'n gefondeerde basis. Ek het 'n paar baie klein voorstelle en hoop jy sal dit so oorweeg. Strofe 2: Haar saad skiet loot in lente en die bloeisel bot soet, sy dra haar kroon in segmente so-as helder vere in haar hoed. [So-as ingevoeg] Ek sien verder dat jy die eerste twee stansa's met punte gesluit het maar nie no 3 &4 nie. Hoekom? Dit is belangrik om 'n leesteken te plaas aan die einde van 'n strofe as die genoemde met 'n hoofletter begin. Verder het ek net prysenswaardige kommentaar hiervoor. Dit is ritmies pragtig en die rympatroon is funksioneel en lieflik. Geluk met 'n mooi bydrae tot die poësie. Groete.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed