herhaal (Goud)
ek twyfel soms in my digterlike weë
en my vers-voetval in die poëtiese landskap…
ryk en vrugbaar soos ‘n omgeploegde land
dán neem ek my verse met groot omhaal
onder die loep
ek weeg en meet en pas
die strukture van vryvers en rym
ek let op bepaalde krag-maneuvers
om die wisselwerking tussen verse, strofes et al
te bewerkstellig
sodat my verse nuut vanuit my siel
op die oor sal val
en ek ‘n heel nuwe mens-in-dig kan word
en dan herhaal ek my verse
met ‘n ságte(r) aanslag
want ek en my verse is één
en ons tuiskoms ná die poësie-storm en drang
is wel telkens nuut, vreedsaam, vervullend
en vir die strakker oor…
heel onsentimenteel
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2026
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir JANUARIE 2026 – NUWE BEGIN projek