Jongste aktiwiteit:

ProjekteJanuarie 2026 – Nuwe begin projek

Beste INKers
Voorspoedige nuwe jaar, INKers!

Tema: Nuut / Weerbegin

Hierdie opdrag gee jou volle vryheid – om jou eie kreatiewe werk te skep rondom die tema “Nuut / Weerbegin”.

Die tema kan breed geïnterpreteer word: ‘n nuwe begin na ‘n verlies, ‘n vars lewe in ‘n nuwe plek, hergeboorte na ‘n krisis, die ontdekking van iets nuuts, of selfs ‘n nuwe jaar se moontlikhede.
Jy kan dit persoonlik, realisties of abstrak maak.

Digters

Skryf `n gedig (minimum 12 reëls, geen maksimum nie).
Dit kan vrye verse, rymend, `n sonnet, haiku of enige vorm wees.
Fokus op beelde, emosies en metafore wat “nuut” of “weerbegin” oproep.

Prosaskrywers

Skryf ‘n prosa-stuk (500–1000 woorde), soos ‘n essay, besinnende teks, monoloog of joernaal-inskrywings.
Dit kan persoonlik wees (bv. ‘n refleksie oor jou eie nuwe begin) of fiktief.

Kortverhaalskrywers

Skryf ‘n kortverhaal (800–2000 woorde).
Moet ‘n duidelike intrige hê: begin (eksposisie), konflik, klimaks en einde.
Die hoofkarakter beleef ‘n “nuut” of “weerbegin” – miskien ‘n verhuising, ‘n nuwe liefde, ‘n ontsnapping uit die verlede, of ‘n onverwagte ontdekking.

Algemene reëls vir alle kategorieë:
1. Werk moet oorspronklik wees en in standaard Afrikaans geskryf (taalvermenging net as dit die storie versterk)
2.Geen KI-gegenereerde teks nie.
Sluit ‘n titel in.
3. Lengte: Hou by die riglyne hierbo – te kort of te lank kan jou punte kos.

4.Plaas jou naam onder aan jou inskrywing.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

Die verklaring in die HAT woordeboek vir veerkrag/veerkragtigheid: weerstandsvermoë, elastisiteit, wilskrag, die vermoë tot herstel. Maar wanneer is mens veerkragtig? Elke keer wat jy doelbewus deur moeilike omstandighede werk, bou jy aan veerkragtigheid. En ja, soms voel dit asof jy weer van voor af moet begin, veral as die lewe jou voete heeltemal onder jou […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed