nuwe horison (Goud)
soms kom daar ‘n tyd
om ‘n ou-bekende horison
met sy geliefde en bekende
lê op die oog en in die hart
agter te laat
om een laaste keer daarna te kyk
die toneel soos ‘n stilfliek
in swart en wit te laat speel
en te sien hoe elke nuwejaar
ook ‘n nuwe lewensjaar was
wanneer jy dan so met die wegdraai
ook jou uurglas omkeer
sal die sand wat daagliks geruisloos
van bo na benede vryval
nuut word en één met ‘n nuwe horison
se lieflike weerbegin
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2026
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir JANUARIE 2026 – NUWE BEGIN projek