dein
my siel is op wag
op my duin, dag en nag
deinende golwe wat steeds
oor witsand stande speel
so dein ek saam in gelid
ritmiese geklots teen
klippe wat skeiding
tussen land en
see bring
dis ek
die skuim
wat wit rollend
seedierliggaampies
op sand vomeer
soos woorde
wat in strofes
verwerklik
dog gou
weer
wegsak
in gedagtes
en dorre
sand
verskiet
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.