Kleuter vreugde
A,B,C, is nog so groot, een twee drie het ons geleer.
Duimpie en sy maat, ons vergeet nog vir langeraad.
Jan Pierewiet se koffie is steeds in die kan, Vader Jakop, slaap nog steeds en Wielie Walie, val nog van sy balie.
Kinderlaggies bring weer terug die groot ou son van onskuld en opregte gebed.
More is n ander dag, vandag wil ons eers net skaterlag
Apologie aan Afrikkanse volksliedere, tannie Carike Keuzenkamp.
Wat n voorreg om liedere te kan onthou van kindsbeen af en steeds vandag kinders te kan leer waarmee ons groot geraak het.
Die gedig dra ek op aan al die legendes wat ons geleer het as ook vir die kinders wat nog moet leer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.