Antiek
Onthou in my oudheid
hoe nuut ek was
vind myself blink
in ‘n ander era pas.
Eens het ‘n spieël op my gerus
nou hou my werkblad woorde vas,
Meer van jouself sal jy nou sien,
want woorde weerkaats jou hart
dus is die spieël uitgedien.
Ontbloot myself afgeskuur,
langs die les-senaar
vind in lyne jou ware tekstuur
met tyd opgegaar.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek