Tot die einde my kom haal…
Koor
Ek wil jou hê
ek wil aan jou vat
Ek wil proe hoe jou lippe smaak
tot die einde my kom haal
Want, jy, ek, ons
ons is vir mekaar gemaak
En wanneer die einde insig is
my bokka, wil ek in jou oë verdwaal
ooo ja, tot die einde my kom haal
Vers 1
Alles het so verander
ek mis ons tye saam
Dit voel of jy totsiens sê
al het jy nooit uit my hart gegaan
Vers 2
Want vanaand wanneer ek my oë toe maak
en ek sien jou mooi gesig voor my
Is jy die rede vir my
om weer môre oggend wakker te raak
tot die einde my kom kom haal
wil ek net joune bly
Brug
Vir altyd aan jou sy
Koor
Ek wil jou hê
wil aan jou vat
Want ek voel nou hoe jy met my hart maak
en tot die einde my kom haal wil ek proe hoe jou lippe smaak
Koor
Ek weet jy wil by my wees,
en jy wil aan my raak
glo my ek wil jou soene smaak
tot die einde my kom haal
my bokka, wil ek vir jou, myne maak.
Vers 3
En as die son vanaand
daar doer êrens gaan sak
wil ek met alles in my
net vir jou myne maak
Laaste Vers
Ja, tot die einde my kom haal
my bokka, bly jy vir my
vir my, die belangrikste saak
Tot die einde my kom haal
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.