Jongste aktiwiteit:

Massas water het oseane geword

Massas water het oseane geword
my hart my oog lê in die wolke
grys en swart het ons geword
tonne geweeg en trane gereën
massas water het oseane geword
in elke gety is emosies, wat branders ry

Geen trane
geen vrese
na al die jare se seer het
massas water oseane geword

Maar by die droë rivier-loop
streel my vingers hartseer die snare
onder die treurwilger boom
waar nie eers vloei,
ʼn enkele waterstroom…

In die skadu van ons geliefde boom
en op die vlerke van die wind
is dit waar ek jou stem kon vind!
massas water het oseane geword
en hoop lê nou in die droë, rivier-loop

Geen trane
geen vrese
na al die jare se seer het
massas water oseane geword

©MarietaCalitz[LadySoul]

Geskryf, agtergrond musiek, opgeneem en voorgedra deur Marieta Calitz LadySoul




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed