Jy my liefling
Jy my beminde
jy is die rede vir my bestaan
jy is die lig in my lewe
sonder jou is dit altyd donker
Kom saam met my
na ons eiland ver weg
net ek
en jy my beminde
Daar sal jy veilig wees
ek wil jou beskerm
jou koester en bemin
jou omarm en vashou
Saam sal ons op die spierwit strande lê
met jou in my arms
met net die windjie
wat saggies ritsel en ons streel
Ek wil in jou oë kyk
jou saggies neerlê
die geur van jou liggaam indrink
en een word met jou
Saam sal ons op die goue strande wandel
sonder stads geraas
sonder gevaar of bedreiging
net ek en jy
Want jy my beminde
jy is die rede vir my bestaan
jy is die lig in my lewe
sonder jou is dit altyd donker
Kom saam met my
Jy my beminde.
6 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek
-
LadySoul
Pragtig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Werklik n treffende werk Kobus