Nagmerrie
Die nag, waar lewe wegkwyn,
is vol gesigte, gerimpeld, lelik;
hul trane van hartseer en pyn
bemoeilik dit om te verduidelik.
As hul stemme in my kop maal,
weet ek, ek is aan die verdwaal;
dan is ek ‘n man alleen en kaal
en verraai ek myself telkemaal.
Kerf vrees se vlymskerp dolke
my weerstand in klein blokke,
kom Jou geroep soos klokke,
en skuil die maan agter wolke,
Jy roep my terug na die hede,
en verdryf al die bose geeste;
maak pyn iets van die verlede,
en my hartseer is dan vergete.
Sonder ophou roep jy na my
wanneer hulle my wil verlei;
“Kom na die tafel voorberei.
Luister en Ek sal jou bevry!”
10/01/2017 © C. du Plessis
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
ek is so bly ons kry meer van jou werk te lees Casper