Jongste aktiwiteit:

Opdrifsels

Opdrifsels

Ek skrik vroeg in die nanag wakker
half deur die slaap en wonder waar kom
die onaardse raserige musieklawaai vandaan?
Gedagtes en herinnerings
begin rol golwend aan en spoel skuimend
voortstuwend uit en rallentando tot ‘n stop en
terugvloei en ek los die onaangenames net daar
met die opdrifsels en gemors op die getysoom
en beweeg bekommerd aan na siek familie en
vriende met ‘n gebed in die hart en teen die tyd
dat ek die bobbejaan agter die bult wil gaan haal
het die slaap ‘n sluier getrek oor verlede en hede
met ‘n rustige droomlose diep slaap – – –

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed