Jongste aktiwiteit:

Jou stem in die reen

Jou stem n die reën

Sag reën dit buite en voorsien aan die dors van elke plantjie en boompie wat is in die natuur.
Tog te bly is elke lewendige wese wat gevoed word vanuit die gryswit bewolkte hemelruim
Vasgekeer is ek tussen koue en muur, blaai rond in die digitale boek en bekyk die wêreld
deur sy glas vensters wat my so verstom, oor die dinge wat hul kwyt raak, dit raak soms rof.

Koor
Jou stem in die reën, streel die liefde sag.
Jy sing jou song, dit maak my week
druppels reën, blink soos glas
traantjies rol deur my hart,
want jou stem in die reën
streel die liefde sag
druppels reën, blink soos glas

Vers
Die radio speel in die agtergrond en ek hoor jou stem, hy streel die liefde en jy sing jou song
Ek het jou invite gekry en die mooiste oë staar na my, soos ek rondkrap in jou foto gallary
Verdwyn die koue en warm golwe raak aan my hart, as ʼn glimlag speel om jou oë wat loer
onder deur die rand van jou hoed So asof jy my gedagtes deurboor en my sien bloos.

Koor
Jou stem in die reën, streel die liefde sag.
Jy sing jou song, dit maak my week
druppels reën, blink soos glas
traantjies rol deur my hart,
want jou stem in die reën
streel die liefde sag
druppels reën, blink soos glas

Jou stem in die reën, streel die liefde sag.
Jy sing jou song, dit maak my week
druppels reën, blink soos glas
traantjies rol deur my hart,
want jou stem in die reën
streel die liefde sag
druppels reën, blink soos glas

©Marieta Calitz[LadySoul]

Geskryf en getoonset deur Marieta Calitz




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed