Jongste aktiwiteit:

SLOTTE OP DEURE

Ek vroetel en stoei met sleutels
maar die slotte bly gesluit
ek stoei en baklei met slotte
maar deure bly gesluit.

… het jy vanoggend gaan kyk
hoe die nagblomme van die kaktus bome
nag strekoefeninge in die maanlig doen
en mooi wit lokaas by die byekorwe se agterdeure los?

… het jy gaan kyk waar verlede jaar se swaeltjies
nuwe modder hangmatte onder die voorstoep afdak maak
en die mossies by die honde se kosbakke
soos afslaers rondspring oor ‘n winskoop pragstuk?

… het jy vandag agter die son gaan aanloop
om te kyk waar hy gaan slaap
bakkies goud beloftes
gebêre in die nag se swart kombers

Ek vroetel en stoei met sleutels
maar die slotte bly gesluit
ek stoei en baklei met slotte
maar deure bly gesluit.




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed