ñ Ma bly n ma
‘n Ma bly ‘n Ma Kalkkliphuis in die onderdorp. Daar het die houtkappers tuisgegaan. Maria, ma van vele.Almal se kinders het nes geskop onder haar dak. Kommer in haar oë, seer spreek boekdele. Hierdie was haar lewe. Sy kom uit die dae van dagpas, maar klou steeds aan mooi herinneringe vas. Bediende was haar werk, […]
Noenieput – Goud 411 woorde
Noenieput Ongeveer 14 km oos van die Suid Afrikaanse grens met Namibië, in die Kalahari-woestyn, is daar ‘n klein dorpie met die naam Noenieput. Die naam “Noenieput” het sy ontstaan as gevolg van ‘n put wat naby ‘n Noenie-boom gegrawe is. Lewies Engels en Piet van der Westhuizen het in die 1900s die plaas Diamantputs […]
riemvasmaak
riemvasmaak – Retha van Deventer (Goud) in ‘n bergwoestyn borrel binnewater warm waar loodregte kranse *karmenaatjies van edelstene koester soos *ma-goed hulle se kjinnirs beskerm en die *skroeison karmosyn op die *Kai !Gariep soos wanneer *pa-goed vet bokke uitbloei dáár word *rieme op kaalgrond vasgemaak want daarsonder is die lewe galbitter soos *traanuintjies en […]
die see was dik
die see was dik – Retha van Deventer (Goud) misvlae sweef swaar oor’ie seekant soos moeë velskoene wat slof in’ie dik sand die *bakkies is in die see was *dik fluister’ie weskuswind dit maak’ie hawe se hart wakker en’ie *huiskapteine se voete ligter *skille spat oor diepsee-stories en krimpende aalmoes-kwotas t’wyl snoek gevlek word […]
Saartjie Kleinhans
Saartjie Kleinhans Gebore en getoë daar agter die klipperand. Skooljare onder die kameeldoringboom. Geleer skryf in die sand. Met klippe getel en dollos gespeel. Gelapte rok, maniere ongeskool. Tog was daar iets mooi in die vuilgesig-nooi. Oor die vlaktes het sy gehardloop. Kaalvoetkind—skoene het haar glo gebyt. Waar jy haar ook sou gewaar, sou jy […]
Maskien ek het verkeerd gahor
Maskien, ek het verkeerd gahor… Sarafina, gebore en getoë doer in die bos van die Namib-vlaktes. Vere in die hand, veg sy elke stukkie stof wat iewers skuil. Op die plaas Kleinbegin het sy jare lank gewerk. Daar by Tant Best met die skewe heup. Sy was al lankal doof. Dié se dogter kom kuier […]
Eggos ego steeds vandag by ou Jonas
Eggos eggo steeds vandag by ou Jonas “Mies, daardie baas wat onse plaas wil koop, hy vra of onse plaas eggo.” So praat die man wat al dekades lank werk by die De Mans van Stilkloof. “Nee, Johannes, hier raas net die stilte. Hier hoor jy geen eggo nie.” “Ma Mavrou! Die gekko’s hulle sing […]
Die reality is warrit is van die Kaapse Vlakte #silwer
Awê mase kjend stiek uit en wys djou Kaapse blend! hierie is onse vlakte se sand baai ons prat en skryf in onse eie taal ons dans en sing met ‘n Klopse praal en gooi ‘n ballroom move mette draai hie is mense met harte en gevoelente ons lag onse way yt die […]
Tant Lensie met haar blou vensters
Tant Lensie met haar Blou Vensters Daar op die kaai, naby die ligtoring, staan haar huisie van plank steeds vandag. Dubbeldeure onder en bo was ‘n moet vir die kort stukkie mens. Uit die Kaap het sy gekom, kleurling, om presies te wees. Haar lag soos branders wat breek. Haar stem soos wind wat waai. […]
Die Geheime agter Thomas se Waterblou oë
Die Geheime agter Thomas se Waterblou Oë Lang tjekjas, bofbalpet en serp is hoe jy hom herken. Sagte stem, met woorde min. Verdrink jy in sy waterblou oë. Sproete versier sy gesig. Hulle moet daar wees. Suurdeegbrood onder die blad lewer hy af van huis tot huis. Sy ma het dit self gebak. Jy sou […]