Saartjie Kleinhans
Saartjie Kleinhans Gebore en getoë daar agter die klipperand. Skooljare onder die kameeldoringboom. Geleer skryf in die sand. Met klippe getel en dollos gespeel. Gelapte rok, maniere ongeskool. Tog was daar iets mooi in die vuilgesig-nooi. Oor die vlaktes het sy gehardloop. Kaalvoetkind—skoene het haar glo gebyt. Waar jy haar ook sou gewaar, sou jy […]
Namakwaland se Daisy Goud
Wanneer die eerste druppels oor die aarde dans en jou groen deur die aardkors bars ontplof daar n simfonie van blomme oor die Karoo gessigies gedraai na bo ek luister na die koper simbale wat dans in die reën die veld se bruin giggel wanneer jou blomkombers oopsprei jou geel brand op my vel soos […]
Bertus kraai
Bertus Kraai Met ou Bertus moes jy maar altyd die waarheid raai. ‘n Land wou hy graag ploeg, maar werk maak hom gou moeg. Familie om die tafel het hy geruil vir enjins om mee te stoei. Hy wou graag ploeg, maar raak redelik gou moeg. Om te aas soos ‘n kraai ken hy goed. […]
Hulle noem hom oom Tokkolossie
Hulle Noem Hom Oom Tokkolossie Tussen die hoë bome in ‘n spitsdakhuis het hy gewoon. Die kraaie mak soos hoenders op die werf. Saans huil die uile om die huis. Selfs ‘n spook voel daar nie tuis. Met ‘n lang grys baard, hare soos toue oor sy gesig. Die wat wel nog oor is. Klere […]
Hoe Kij-Kij sy naam gekry het
Buks Appelblaar, en Pieter, sit oudergewoonte by sy vuurtjie op ’n stomp van ’n ou kameeldoringboom. Die vuur is byna uitgebrand, net daardie diep rooi kole loer nog soos gloeiende oë in die donker vir hulle. Die stilte van die nag omhels hulle. Pieter kyk op na die naghemel wat wyd uitgestrek in ’n onbeskryflike […]
Die lewe op Mosbos Goud 377 woorde
Liewe dagboek. Vandag is dag 5 van ons nuwe lewe. Klawerbos is nou net ‘n ashoop. Ons moes vlug. Skielik. Oornag. Mamma het al ons klere in ‘n streepsak geprop terwyl pappa die belangrikste meubelstukke op oom Koos se ou sleepblaar moes laai. Die stropers het oornag verskyn. Groot geel gevaartes wat dreigend neffens die […]
Onder Hardap se son (goud)
Onder Hardap se son sonder skans of verskoning lê die aarde wawyd oop tot waar die uitgestrekte vlakte hom vas aan die blou lug knoop dolomiet, kalksteen en stof praat die ou klik-klak taal uit die waai van die Nama-karoo wat die !ari!khās ver gaan haal son skyn oor stories eeue oud tot die ergste […]
Hardapstreek
Hardapstreek Daar is plekke wat jou aandag trek met groen valleie, watervalle en berge wat aan die hemel raak met indrukwekkende blou pieke. Dis nie die geval met die Hardap-streek in Namibië nie. Hierdie is ’n plek wat lojaliteit vereis met sy plato’s, droë rivierlope, stofpaaie en die wind wat al eeue lank oor verlate […]
geestelike
teenoor die wêreld staan die geestelike denke godsdienstigheid bring passie om bonatuurlike bestaan van God te erken teenoor die liggaamlike jou oneindige nietigheid teenoor die Skepper te kan verstaan slegs dan kom daar helderheid om jou plek in kosmos te begin verstaan te verwerk hoekom jy nog hier is © Tearlach. […]
Troeppie sonder naam
Troeppie Sonder Naam Doer in Weskusbaai het jou bestaan gedraai. Dit was liefde met die eerste oogopslag. Na jou foto gekyk en vir jou gewag. ‘n Oorlog het jy oorleef. Roes het aan jou bly kleef. Ek het jou gaan haal, jou oë blind in die nag. Die termostaat laat ons stop elke uur. Byna […]