Ek dors altyd jou suikerbekkiestroop
Op my dam se wal het ’n Apiesdoring
pa gestaan vir karee, vir blinkblaar en drolpeer;
en tussen-in het opgerank (ook weggekruip
verby nesmaakplekkies van die goudstertspeggies)
die bessiebossies met pers en wit en rooi vol smaak.
Maar onder my ou apiesboom het son en skadu’kol
op maat van takgeroer gedans (of soms net stil kom loer)
as die luggie swaar sou hang en blare willoostraag beweeg;
dan het die skadu’s saam met son tydeloos gewieg, gewals.
Maar as dan weer die windjie speel’rig pluk,
het hul in bonte-rondomdans gerol en ruk!
Tot eendag: Suikerbekkiemooi
het jy, my nimfebruid, bó uit my boom kom val
met skater in jou reënboogkleure uitgestal
en élke dag, élk’ uur, minuut, sekond,
drink ek nou suikerbekkiestropies uit jóú mond!
3 Kommentare
-
Elizabeth Greef
So sweet! Mag daai stropies nooit ophou nie!
-
Anze
jy het die mooiste beelde saamgevleg.. pragtige gedig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dit is pragtig! :-)