Oor die rand van die groot swart berg
Stadig klouter die goue glim
oor die rand van die groot swart berg
en verdwyn soos ’n sluwe skim,
die nag wat hom vir dag vererg.
Stadig groei die goue skreef
tot volronde boepens bal.
Ontwaak hy als wat leef,
skep hy afwagting oor berg en dal.
In die goue lig van sy glorie,
word die donker van sy twyfel gestroop.
Begin ’n sin, ’n nuwe storie
en word gebore; die iets waarop menigede hoop:
’n nuwe kans, ’n oor begin.
En vou jy die nag op soos ’n ou kombers, met gister daar binne-in.
7 Kommentare
-
-

neels
Pragtig Helena
-

Elizabeth Greef
Weldeurdagte werk met 'n kersie op die koek, slot! *****
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Carpe diem projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
Goed neergepen, die lewe is soos 'n lied ons moet net dit begin sing.