Jongste aktiwiteit:

Draai-dwarrel liefdesvers

Aan die punt van arendsvlerk
was my liefdespreuk drapeer
sodat jy deur stil pupille
die boodskap daaruit leer

Blaas dan gerus sag ‘n kus
op bolwang van die wind
ek sal dit op bergpiek vang
aan my hartpunt verbind

Want heuningsoet van lippe
dans ‘n polka deur soet are
en tintelvinger raakpraat
maak emosies ‘n vreetvraat

Vingerpunt in die miskombers
waar winde walsend warrel
skets ek in malle draai-dwarrel
subtiel ons twee se liefdesvers




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

7 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed