Jongste aktiwiteit:

Ons Kan Nie Anders Nie

Ons Kan Nie Anders Nie.

Is die mooiste onsterflike
letterkundige werke al gelewer
en kan daarop verbeter word of
iets heel nuuts en groots geskrywe word
of geëwenaar word want ons is nou nog
nie eens uitgepraat oor die skoonheid en lesse
van die psalms na meer as tweeduisend jaar nie——-
Ons dig en skrywe stories waarvan die harte
van vol is en byna alles staan uiteindelik vergete
en vol stof vergader op die rakke na ‘n kort tyd
van slegs ‘n geslag of twee, en selfs die liedjies
en instrumentale komposisies raak vergete en
skilderstukke van onbekendes verloor hul waarde,
maar die ou meesters bly ewig jonk en gewild
nogtans sal ons die kunste in al die generes
beoefen tot aan die einde van tyd,
want ons kan nie anders nie——

Janetta – Helena [Babs] ©




2 Kommentare

  • Anze

    dis baie waar tannie Babs, maar ek glo dat elke skrywer/digter tog n les/storie het om aan die volgende persoon te vertel, so ons sal seker maar aanhou skryf/dig...

  • Janetta-Helena Boonzaaier

    Dankie Anse, dis waar, al sou ons dalk nooit daardie hoogtepunte bereik nie, kan ons nie anders nie, ons het tog ook iets om vir die volgende persoon te sê, en daar is dinge waaroor ons nooit uitgeskryf gaan raak nie al is dit nie aardskuddend nie! xx

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed