Jongste aktiwiteit:

Slapeloos in die voorstad

Mamma, is jy wakker
ek kan nie slaap nie, Ma.
Dis twee-uur in die oggend
en dis donker hier by my.
Buite in die straat
ry ‘n kar nou net verby –
deur skrefies in die blinding
breek die maan.
Mamma,
ek tel my vrese een vir een
en soms lê ek en wonder
of daai toring in Parys
nog baie lank sal staan.
Mamma, is jy wakker
Ek kan nie slaap nie, Ma . . .
hierdie vreemde bed voel koud.
En die swart kat kyk vir my.
Dis twee-uur in die na-nag
en die groen lig in haar oë
is kil.
(buite in die straat is dit nou stil)
Mamma, sy’s so naby
ek voel haar asem teen my wang.
Mamma, ek kan nie slaap nie –
Mamma. . . ek is bang.
© C. Shaw
2 Julie 2016




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed