Jongste aktiwiteit:

Terugblikke

Terugblikke

Ek is lief vir die lewe en die skepping want
God self het Sy handewerk goed gevind—
My liefde vlerk swewend verkennend oor
ons wye uitgestrekte savannevlaktes en
woestyne se golwende duine sandhope
in die verre weste tot by die malse groen
woude en bosse in die verre ooste—¬
Tussen al die wisselende landskappe
van ooste na weste sien ek my afgelegde
lewensroetes kronkelend deur al die
taferele heen om in my verbeelding weer
hul wisselende seisoene te ervaar en met
heimwee ‘n onthou en groetveertjie
te laat val en swewend laat neerdaal
op elke geliefde plek van vroeëre vertoef!

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed