Terreur
Terreur
Attaturk,
‘n simbool van hedendaagse terreur—
Oral slaan aanvalle op onskuldiges toe
soos masels dan hier, dan daar in
‘n morele gisting en verrotting van
magsmisbruik en verdrukking wat die
onheilige heksepot laat oorkook en
landsburgers en masse soos rotte laat spat oor
see en land in wanordelike apokaliptiese omvang—
Dis enkelinge of groepe met hul gevoellose
diaboliese winterse yskoue harte en selfsugtige
eenoog wêreldsienings tot eie baat—
Agter slot en grendel oënskynlik veilig verskans
bid ons God vir vrede en liefde, liefde , liefde!
Vader omskep daardie yskoue winterharte in
somer en lenteliefde en laat tog weer die wit
vredesduif in helderblou lug oor hulle vlieg—
Janetta – Helena [Babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ek bid saam met tannie in die slotreels... pragtig gepen!