Jongste aktiwiteit:

Wie is ek en wie is jy (Satire) [antwoord aan Mathews Phosa op sy gedig ‘Wie is ek’]

Ons is albei boorlinge van hierdie land
al noem jy my ’n sogenaamde immigrant
wie verniel en verwoes nou –
vir dertig jaar lank nou
kon jy nie die pas volhou
om maar net voort te bou
op jou “immigrante erfenis”
wie spoeg nou met wette
wat die nasie soos “kanker laat verval”

Ons is albei boorlinge van hierdie land
al noem jy my ’n sogenaamde immigrant
my oupagrootjie het teen engelse immigrante geveg,
my oupa sy dae in immigrante konsentrasie kamp verslyt,
ek is vandag ‘n uitgeworpene
immigrant in my eie land,
en my seun in die werkmag onderdruk
moet landuit vlug

Ons is albei boorlinge van hierdie land
al noem jy my ’n sogenaamde immigrant
wie is nou die onderdrukker?
wie steel roof plunder vernietig verwoes
wie is die mees gekulde mees ontroue –
mees gevreesde “vyand”
“ONLY” / SLEGS ?

Nou wonder ek
sal ons eendag deel
in die priemgetalle van die ewigheid
“ONLY” / SLEGS ?
————-ooo0oo————–
©Pieter Mostert




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed