Jongste aktiwiteit:

Om te vlieg

Nou dat jou beeld in my maan skyn
(straal-blink oor die wye oseaan)
kan ek my vlerke sprei
om die donker aan te durf
want die soet van jou vingerpunte
hang aan elke glansende golf.

Ja, nou dat verdwaal my ontkwaal
kan ek waag om vry te vlieg –
Venus te omsirkel met my mooiste drome
want die kabbel van jou suiwer strelende stem
breek soos laagwater branders
oor my verlate strand en
met ‘n sjie-sjoe-sjoe
bruis jy deur my bestaan.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed