Jongste aktiwiteit:

November & Desember 2025 – OOP projek

Beste INKers

Na aanleiding van die September projek (Orde uit Chaos) waar daar geen inskrywings in die Brons afdeling was nie, en baie min in die ander, het ek besef dat die INKers

jaareinde-voosheid ervaar. Alhoewel Oktober `n OOP projek was, het ek dit goed gedink om die res van die jaar op dieselfde trant te beweeg.

Al die projekte, November en Desember sal dus OOP projekte wees sonder enige voorskrifte.

Dit gee aan almal die geleentheid om hul skryfwerk persoonlik te motiveer en nie aan voorskrifte gebonde te wees nie.

Ek vertrou hierdie 2 maande van asem skep sal julle motiveer om die nuwe voorskrif-gebonde projekte in die nuwe jaar met meer entoesiasme te pak.

Neem asseblief deel aan die projekte in die tydperk terwyl jy die kans het om jou stem, sonder akademiese druk, te laat hoor.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
PROJEKBESTUURDER




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed