Jongste aktiwiteit:

Ou Rapons

Ou Rapons

Sy het grootgeword op ‘n Kalahari-plaas.

Sy wou tog vreeslik graag hê die seuns moes haar rondjaag.

Met haar verbeelding was daar geen fout nie.

Sy kon haarself altyd in ‘n storie inleef.

Jaghuis en windpomp was haar torings.

Sy was nooit bang vir dorings nie.

Vir hare sny was sy bitter bang. Haar pa het alles probeer om haar te vang en daardie bos hare te sny, sodat ‘n kam sy werk kon doen.

Dit was weer sulke tyd. Die wind was woes en Rapons se hare nog erger.

Pieter Berg het die kans gewaag om haar te jaag.

Op met die windpomp was Rapons, hoog in haar toring. Die dorings dien as drake.

Die wind waai sterk en die windpomp kry haar beet aan die hare.

Kop onderstebo en ‘n gil van ‘n ander soort, kry Pieter haar toe beet aan ‘n halwe vlegsel.

Daar was geen sprake van ‘n soen nie.

‘n Skêr en ‘n verlore veldskoen was toe die einde van Rapons se regte verhaal.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed