Daar’s ‘n wind wat waai
In Tafelberg se mis
teen die gure weer
van die kus
waai die wind deur my lyf
‘n Stukkie see vir ‘n vissersboot
ken jy die see meneer, ken jy die see?
en kalm soos min dinge hier beneӫ
dan sӗ jy nog meneer die vis is duur
Van storms wat nooit ophou raas
hoor hoe die wind al woester blaas
hy vreet mos aan jou ingewande
nes ‘n krap
Teen haar wande
teen die berg se skadu kant
sonder dat jy my nooi
wil ek my arms om jou gooi
5 Kommentare
-

Inkmoderator
Dankie vir jou deelname Palet. Heerlike vers. maak asseblief seker dat die kappie op die 'e' gebruik word. Ek hou van hoe die omgewing as metafoor dien vir die liefde. Mooi werk. IM
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Tien uit tien vir hierdie ene Palet