Êrens is ‘n antwoord
Stilte – ‘n werklikheid nes die wind –
kom van nêrens, dis onaantasbaar;
daarmee saam kom onsekerheid.
Dit vul lewe met vreemde emosie,
vrae oor gister, vandag en môre;
wat was, wat is en wat sal wees –
Stilte se waarskuwings gedagtes,
is net soos ‘n ou kombers vol gate;
hartseer-koud en warm-plesierig,
Vir die wyse bring Stilte reiniging,
dis die gereedskap wat insig gee;
en ‘n rede om te lewe mee te vind.
Vir ‘n siel vasgevang in hartseer
en pyn is dit soos ‘n goeie wyn;
dit skree: “êrens is ‘n antwoord”.
08/12/2016 © C. du Plessis
2 Kommentare
-
Viooltjie
Diep denke, Casper. Sit my ook nou aan die die dink. Goed gedoen
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Casper dit is altyd n plesier om jou werk te lees.