Jongste aktiwiteit:

Ag Net Vir Een Dag

Ag Net Vir Een Dag

Ek wil net vir een dag kop leegmaak
van alle geweld en wraak, huisbraak, skaak,
verkragting met versagting en kom selfs weg
met moord en so gaan dit voort – – –
Net vir een dag vrede wêreldoor sonder
trane en geween met geen aardbewings
droogtes en oorstromings enige tekortkoming
kos vir elke mond as jy iets eet die wete almal
het iets te ete en saans as jy rustig lê, dat elk
‘n bed en kombers sal hê – – –
Ag net vir een dag algenoegsaamheid en vrede
die skoonheid van die natuur, die skone kunste
in elke kultuur vir almal om te geniet – – –
Geen ontstellende koerrant met groot opskriftre
oor lae mensedrifte asseblief net vir een dag!
Dit klink na daglange kamma – kamma waar
almal vrolik skoffel samba met geen moeilikheid
of kastaiings uit die vuur te krap soos kaiings,
net maar deugde een groot vreugde,
maar een dag is nog teveel om te verwag
in ‘n verdraaide krom en skewe wêreld ,
ons leef maar agter slot en grendel en probeer
om slagting en swendel te vermy en so bly
die een dag onveranderd nag – – –

Janetta – Helena [Babs]©




1 Kommentaar

  • Koekekranka

    Ek luister na jou hunkering... En so met my saamvoel se geluister hoor ek die belofte o.a. deur-gegee in Openbaring 21. Veral verse 4 en 5 bring nie net rustigheid nie, maar absolute sekerheid van die ewige teenoor die sienlike wat maar kortstondig is: "...en God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. En Hy wat op die troon sit. het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en be-troubaar."

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed