Van oorwinning tot oorwinning
Van oorwinning tot oorwinning.
Skaar jouself in Sy teenwoordigheid.
Gee Hom kans om die leiding te neem…
Te veel maak jy op eie insigte staat. Jou planne val in duie, jou gemoed begewe jou.
God bly liefde.
Hy is die een wie jy onvoorwaardelik moet vertrou.
Staan terug sodat Hy met sterke hand ook jou mag lei. Van die ashoop-bestaan tot Koningskind met nuwe naam.
Lank genoeg moes jy dwaal, lank genoeg gebuk gaan onder smart.
God is die skrywer van jou lewenslied.
Met gemak pen hy neer die woorde: ‘Ek maak alles nuut.’ Gedagtes van Hoop vloei in strome, saggies uit die vaderhart.
Deel in Sy raadsplan van oorwinning sodat oorwinning jou deel mag wees.
Gister met sy kwaad is verby.
Kind van God jy het niks meer te vrees.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.