Jongste aktiwiteit:

Kroniekskrywer

‘n ou son val in die see
en skemer trek blink strepe op die strand,
my kop wil tuimel maar ek staan
(my verslawende gees bewend teen my hart)

nog ‘n jaarring klingel tussen skulp
en ek kies ‘n skerfie perlemoen om so
met die blou van jou oë te versoen –
jou oë wat gedigte baar nog voor lood papier kan kloof,
dieselfde oë wat blou om my
om my

jy is in vlug, ewig in vlug
en ek traliehok om dae wat druip van
vleiloeries en vere, van gladde klippies
en orgasmes op die hoogste kruine van duine

die jaar loop leeg
(my krop is vol)
ek het meer begrawe as wat ek wou –
jy is slegs ‘n deel daarvan
die res is rou onthou;

nou gloei daar ‘n son onder water
en nag sluip hinkepink nader,
my whiskey glas traan sy eie trane
wyl ek kronieke skryf oor my en jou.

© Almarie Truter




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed