Basaar
Vandag was dit weer basaar
en ‘n mannetjie met ‘n kitaar
strompel besope oor die veld
met sakke vol van kleingeld
is hy geseën met brandewyn
en met ‘n Grandpa vir die pyn
More is dit terug na droë brood
en spiritis wat hom stadig dood
terwyl hy bewerig sy kop streel
as daar vlieë wild daarop speel
dan sing hy geduldig sy liedjies
vir die bye en die blommetjies
As hy in skaamte hulp kom vra
wanneer hongerpyne hom pla
en hy rede soek om te bestaan
wyl die lewe om hom vergaan
lê hy hulpeloos op die grond
en skop hul hom soos ‘n hond
Hy vind krag in sy gedagte
aan die volgende basaar
daar waar hy keer op keer
se liewe Heer ontmoet . . .
24/04/2016 © C. du Plessis
3 Kommentare
-
Arnold
Goed verwoord.
-
Anze
baie mooi gedig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
casper altyd n plesier om jou werk te lees