My Droom
My Droom
Ek was baie moeg en
die musiek was so strelend sag
en het my droomverlore geleidelik
aan die slaap gesus en ek droom
‘n onwerklike droom illusie van
‘n wasige droomliefde vasgevang
In ‘n kokon geweef met fluweelsagte
sydrade en ek kyk en wag en wag
totdat die kokon se wande self meegee
en my droomliefde bevry en die visioen
skoenlapper uit die wasige kokon uit
onherkenbaar, gestalteloos, onbereikbaar
voor my weg in ‘n grys ondeurdringbare
mistigheid in en ek ontwaak ontsteld in
‘n doodse stilte want die musiekprogram
is lankal klaar——
Janetta – Helena [Babs] ©
6 Kommentare
-
Viooltjie
Ja, en so mis ek ook alewig die programme wat ek wil luister. Dis 'n pragtige droom wat jy lieflik beskryf het :-)
-
Anze
dis pragtig tannie Babs, so mis ek ook baie dinge in die lewe agv my gedagtes wat rond droom op ander plekke...
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Sovele fasette in hierdie aanbieding... Pragtig!