pouveer
brons
pouveer
my glashart val uit my bors
en skerf tussen lyf en vloer
in donderende stilte
ek het die vertraagde aksie voorspel
ek wás mos reeds hier
hier waar blítsende pyn
die bodem van die dam
met búlderende spoed slaan
ek het reeds hierdie model
tot perféksie geïngenieur
híér waar die moeisame opvee
die skoonvee van stof en splinters
agter ingemesselde deure plaasvind
is bekend vir my
slegs in die spieëlbeeld van my oë
sal iemand eendag ʼn vae verwysing sien
van die pouveer
wat jý eens in my hoed was
©Anne-Marie Bartie
2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 - OOP projek