OMG
ek leef
maar ek lewe
as vreemdeling
tussen “ektsjoallie”
en die “ekzektsjoallie”
roep my stem in woestyn
van “modernistiese” gebrabbel
kan ek skaars uitmaak wat gesê
bedoel word met wat ek hul hoor sê
skrynend klink die uitroep op: “O My God”
soos jellie hang dit in die lug en op eter
oor elke onverwagte gedagte skril
die gebruiker dit uit en ketter
voort op sy pad van onheil
die verderf onbeskryflik
en onnadenklik stu
dit net voort
nooit hoef
my kinders te vra
watter taal praat jy pa
vir watter God sê jy ja pa
mag jou “OMG”
inpas by die waarheid
van jou geloofsoortuiging
eerder as net ‘n uitroepteken
van jou sluimerende
ongeloof
Ó Tearlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek