Jongste aktiwiteit:

MOEDER

MOEDER

Die Moeder van my…

Sy het my lank reeds vooruit gegaan

tog pink ek telkens nog ‘n traan

as ek na haar kleinkinders kyk,

Ek weet hoé sy dit sou waardeer.

om hul vas te hou, al was dit net een keer!

 

O, sy het goed verstaan en verbete gekeer,

as die lewe jou in flenters wil skeur.

Teer sal sy my weer in die regte rigting stuur

selfs nou nog, in die stryd waarin ek verkeer,

is dit haar gebede, wat ek só waardeer.

 

Gebede wat my en haar kleinkinders deurdra

want sien, van voor my geboorte af

het sy my al aan Hom opgedra.

God, getrou aan Sy Woord…

het nog altyd moeder se gebed verhoor.

Nou is sy veilig in Sy arms toegevou.

So my  liefste Moeder…

wil ek jou altyd onthou

Marthie Joubert.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed