Jongste aktiwiteit:

SAAM ET DIE WIND

SAAM MET DIE WIND

Ouderdom is soos herfsblare…

eenmaal ontwortel en jy val die hele wêreld vol

nes jy dink nou is jy tuis

waai die westewind jou ȇrens anders uit.

Vanaf die heerlike Laeveld

snoesig, warm, groen

terug na die soms koue hoëveld

wat nou gedoen?

“In jou rype ouderdom

sal hul jou vat waar jy nie wil wees”

het ek eenkeer êrens

in die Grootboek gelees

 

Marthie Joubert




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed