Nog ‘n krans vir Ouma
Ouma lê iewers gekis
in Noordoos-Karoo
in ‘n nuwe kerkhof
wat teen die dorpsrand is
die begrafplaas in die dorp,
waar my oums se babatjie
by engelvoetjies rus,
is lank gelede vol
van al ons dorp se voriges,
en aan die berg se soom
is stofgedagtenis
van mense en die lewe
wat háár geskiedenis is
aan hierdie dorp se kant
rus Ouma onder sand
tussen onbekende name
in ‘n vreemde sieleland
haar marmerkruik staan leeg,
rangskikkings word gesteel
en oral rond waai plastic domes –
‘n kunsblom bly nie heel
so, ons kan nooit meer gaan kuier nie
want die misdaad is te veel…
© Charleine Collins 29 November 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.