Jongste aktiwiteit:

Droogplaas

Die sonbesies sing lof toe aan die gietende son
met hitte wat op plaaskors vlammend neerbak.
Windpomp is verstar in die laatmiddag lug
Terwyl hy vergeefs op n briessie lafenis wag.

Uitgedroog lê die sement van die plaasdam wat kraak
en smeek vir n leksel water om skaap se dors te les.
Die droogheid van n seisoen, hang swaar om my rond
Terwyl ek kniel in gebed vir geopende sluise van hemele hoog.

Ver op die horison lê die hoop verskuil in wattewit wolk
Wat belofte van reën oor berge aandra.
Steeds wag ek met geboë hoof half moedeloos op my lappie grond
terwyl wolke verby sweef, asof my grond vervloek is.
Paula Paxton©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed