JOU STEM IS STIL
Die onthou het daardie oggend skeepbreuk gelei
gedagtes het inmekaar tolbos gewaai
telefoon wat skril skreeu
stilte was oorweldigend
kaapse storm het in my binneste geword
die tyding het my teen die rotse verpletter
hoe kon jy gaan sonder ‘n groet
gister se gesprek met soveel swygende gedagtes
jou gemoed was vol
my hart is nou leeg
daar waar jy moes wees
is net die stof van gedagtes
jou stem sterf saam met my asemhaal en die wind
jou mank stap is vir altyd weggepak
die mara beker loop oor
geen troos of vergifnis
vir jou woorde wat ‘n vrou vermoor
@Loret Zwarts
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek