WINTER
Wat bring vandag
die veld is koning
ongerep met saadsoldate
sonsopkoms wat met ‘n goue mantel groet
goeiemôre sê die dag
totsiens vir nog ‘n lewe
nog ‘n witkruis in treurgrond
bloed deurweek die wenakker
was dit die einde gemerk met kakiebos
die stilte versmoor die heelal
ha-di-da vlieg histeries weg
mielies staan geboë geknak
in ‘n plunder strooptog
bordjie by die hek hang halfmas
beeste bulk hul uitroep sterf in winter se ysvingers
wat bring vandag
‘n klop aan die deur
ek soek werk met bloed bevlekte vingers
@loret Zwarts
Bronsgradering
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2024 - OOP projek