Titel: Ek is nie jy nie …
Deur Magrietha Marx
Ek was nog altyd die stil een
want jy het my van mense vervreem
jou woorde klou aan my vas
as ek net iemand anders was.
Daar is soveel haat binne my
donker herinneringe wat my onderkry
jy het my laat glo ek is nie goed genoeg
nou moet ek my lewe lank stoei en wroeg.
Jy het my gebreek en verniel
nou sit ek met ‘n gebreekte siel
ek is besig om in ‘n donker gat weg te sink
terwyl ek aan die gedagtes van jou verdrink.
Sien jy ooit my trane raak
of maak dit glad nie vir jou saak
soms wens ek dat ek jou ook so kan breek
dat jy kan wakker skrik met nare drome en sweet
maar ek
is nie jy nie…
MC Marx (C)