Titel: Masker dra …
Deur Magrietha Marx

“Ek haat jou” – weergalm die woorde in my kop
wanneer gaan die hartseer stop
hoekom het jy my so verniel?
kyk hoe gebreek is my siel.
Sal jy ooit verstaan
deur watse hel ek gaan
ek is seker daarvan jy is nie gepla
oor die las wat ek moet dra.
Ek huil oseane vol in die nag
en glimlag deur die dag
hoe lank gaan ek kan voorgee en masker dra
Here, seën my asseblief met vrede, dis al wat ek vra…
.
MC Marx (C)