twee oë kyk
–
een oog het vir ander gesê
hou jy ons op die regte pad
ek sal na die ander kant kyk
–
mooi het vir lelik gesê
bly jy net mooi vir die oog
lelik het toe gaan skuil
–
geluk het vir ongeluk gesê
lag en sing jy maar oor alles
ongeluk het toe gelê en wag
–
wat die oog alles sien
is nie altyd rein en skoon
rein en skoon skuil nie
–
verrimpelde ou gesigte
dra spore van albei oë
lewendige oë skitter
–
ongeluk behoort nie
net aan die ouderdom
kraak soms jong oë af
–
skyn jou siel deur jou oë
dof of helder wit, of rooi
jou oë verklap jou siel
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.