stil
–
Vader ek word stil
my lewe is ‘n lied
gesing op krakerige
wysie van ouderdom
–
Vader ek bly stil
U teenwoordigheid
demp my klanke
tot dank-gebed
–
Vader ek word stil
dankbaarheid is my
oorweldigende lied
in totale oorgawe
–
Vader ek word stil
die einde is dit nie
slegs die begin van
ewige rus en vrede
–
Vader ek word stil
maar U stem brand
spierwit deur my
stille lewenslot
–
Vader ek word stil
spoedig sal my stem
oor die rante stort
maar Sy lig sal skyn
–
Vader ek word stil
maar ek hoor U stem
wat roep uit die lug:
“Kom na My toe seun”
–
©Teãrlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig maar net 2 inskrywings per projek per maand